KAAPSTAD. – Katteliefhebbers in Manenberg vrees vir die lewens van hulle katte nadat 18 katte die laaste maand verdwyn het en dood gevind is.
Daar word berig die vermiste katte se oorskot word dan op die stoep van iemand anders in die vroeë oggend-ure gelos. Inwoners van Manenberg het hulle kommer oor die saak uitgespreek. Volgens hulle het die plaaslike polisie hulle nog nie veel met die saak ondersteun nie. Meeste inwoners doen nou alles in hulle vermoë om hulle katte te beskerm en die verdagte(s) vas te trek. Kameras word selfs rondom erwe geïnstalleer.
Die dierebeskermingsvereniging (DBV) se Alan Perrins het aan EWN gesê dit is die mees traumatiese geval wat hy in sy 25 jaar met die welsyn van diere beleef en hanteer het.
BRON: EWN
LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



