Mango gee koopbewyse na vlugte tydelik stop

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende lugdiens, Mango, het aangekondig hulle sal koopbewyse aan diegene gee wat alternatiewe reëlings moet tref nadat hulle Dinsdag aangekondig het alle vlugte word tydelik gestop.

Benediction Zwane, woordvoerder van Mango, sê die koopbewyse sal vir 24 maande geldig wees. Mango het Dinsdag aangekondig dat alle bedrywighede tydelik opgeskort sal word weens uitstaande betalings.

Die lugdiens wag op kapitaal van die regering te midde van finansiële uitdagings. Dit vorm deel van die sakereddingsproses. Daar word beweer R890 miljoen moet nog aan die lugdiens betaal word.

Dit is die derde keer in drie maande wat Mango se vlugte opgeskort word. Indien jy daardeur geraak word, sal jy per SMS of e-pos in kennis gestel word.

LEES OOK: Man kap glo sy 101-jarige buurman met byl dood

LEES OOK: Ma verkoop glo foto’s van haar naakte 4-jarige dogtertjie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.