Man kap glo sy 101-jarige buurman met byl dood

Deel hierdie storie / Share this story

NAMIBIË. – ‘n Man (30) is die week in hegtenis geneem nadat hy Maadag na bewering sy buurman (101) aangeval en met ‘n byl doodgekap het.

Buurman doodgekap

Kaume Itumba, polisiewoordvoerder, het aan The Namibian gesê die voorval het plaasgevind op Omakango naby Endola. Itumba sê verder die verdagte het na bewering Pashaalele Mweulinale se been afgekap voordat hy sy hand en gesig afgekap het.

Die 101-jarige man is op die toneel dood. Die verdagte is in die Omungwelume-polisieselle aangehou en sal vandag in die Oshakati-landdroshof verskyn. Verdere inligting oor die voorval is nog nie beknd nie en word ondersoek.

LEES OOK: Ma verkoop glo foto’s van haar naakte 4-jarige dogtertjie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.