KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-LONDEN. – Charne Pedersen-Horn (39) wat onlangs op hulle plaas saam met haar drie kinders aangeval is, vertel sy en haar man is al vir 12 jaar getroud en dit is die eerste keer wat so iets met hulle gebeur het. Haar man is al 43 jaar op die plaas.

Petrus Phakamile Sitho, aktivis teen plaasmoorde, was ook op die plaas om die familie te ondersteun. Hy het ‘n onderhoud met die plaasbestuuder, Ninky Dyaphi, gevoer.

Volgens Pederson-Horn wou sy haar kinders neem om roomys te gaan koop toe die voorval gebeur het. Sy en haar kinders het na haar motor gestap toe drie mans hulle nader. Sy het eers gedink dis dalk plaaswerkers, maar een het toe glo ‘n vuurwapen op haar gerig.

Vrou, dogter en tweeling op plaas aangeval

“Ek het vir hulle gesê dat die kluis in die kantoor was. Ek het hulle soontoe geneem omdat ek geweet het dat ek nie lewendig sou uitkom as ek nie die huis binnegaan nie. Terwyl sy saam met haar dogter (10) gyselaar gehou was, het haar tweeling daarin geslaag om te ontsnap en hulp te soek. Later, terwyl die rowers na items gesoek het om te steel, het sy en haar dogter daarin geslaag om via ‘n sy-ingang van die kantoor te ontsnap.”

FiNDiT het vroeër berig die verdagtes, wie se ouderdomme onbekend is, het die plaas verlaat met die voertuig van die slagoffer, ‘n wit Prado. Die voertuig van die vrou is later ongeveer 3 km van die plaas af verlate gevind.

Niemand is al in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Gewapende roof op plaas buite Oos-Londen

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.