Ma verkoop glo foto’s van haar naakte 4-jarige dogtertjie

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Ma van Bonteheuwel is uitgevang toe sy na bewering naakte foto’s van haar vierjarige dogter op die internet verkoop het.

Ma uitgevang toe sy glo foto’s verkoop

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê owerhede het voorgegee dat hulle ‘n koper is en het haar toe in die proses uitgevang. Sy is later in hegtenis geneem.

Die vrou het op 22 Julie in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn. Sy moet nog om borgtog aansoek doen en word op 19 Augustus weer in die hof verwag. Die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Vrou gesoek na baba op Bellville-treinstasie gevind is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.