BELLVILLE. – Die Bellville-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) vra die publiek se hulp om ‘n 21-jarige vrou, Lisa Xala, op te spoor nadat ‘n 15-maande oue baba gevind is.
Baba op treinstasie gevind
Volgens die polisie is die baba op Sondag 11 Julie 2021 omstreeks 16:00 verlate op die Bellville-treinstasie gevind. Die baba is na die Bellville-SAPD geneem, waar ‘n saak van kinderverlating geregistreer is vir verdere ondersoek. Die gesoekte persoon is vermoedelik in die Mfuleni-omgewing, terwyl die ondersoekbeampte ook inligting opvolg dat sy naby Langa skuil.
Enigiemand wat kan help met inligting wat Xala kan opspoor, word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel of alternatiewelik vir Jaftha, speurder, by 082 522 1095 te skakel.
LEES OOK: Ligte vliegtuig stort langs Vaalrivier neer, twee beseer
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



