GAUTENG. – ‘n Man en vrou het ernstige beserings opgedoen nadat ‘n ligte vliegtuig op Windsor langs die Vaalrivier in Vanderbijlpark neergestort het.
Netcare 911 het Sondagmiddag om 15:10 gereageer op die vliegtuigongeluk.
Ligte vliegtuig stort neer langs Vaalrivier
Shaun Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê toe medici op die toneel aankom, het hulle ‘n ligte vliegtuig gevind wat aansienlike skade opgedoen het nadat dit na bewering drade getref het.
Daar is gevind dat ‘n volwasse man en vrou ernstige beserings opgedoen het. Hulle is op die toneel deur paramedici behandel. Nadat die man gestabiliseer is, is hy met die Netcare 911-helikopter na ‘n hospitaal vir gevorderde sorg gevlieg. Die volwasse vrou is ook behandel, gestabiliseer en na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.
LEES OOK: Dokter bring nag in tronksel deur na hy aandklokreël oortree
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



