Dokter bring nag in tronksel deur na hy aandklokreël oortree

Jardine het Vrydagaand ‘n noodoproep ontvang en moes iemand gaan help wat dringend mediese sorg benodig het.

Dokter bring nag in tronksel deur na hy aandklokreël oortree

Dokter bring nag in tronksel deur na hy aandklokreël oortreeFoto: Twitter

GAUTENG. – Dokter Ivan Jardine, ‘n oor-neus-en-keel-chirug van Bedfordview, het een nag ‘n klein tronksel met vier ander oortreders gedeel nadat hy die aandklokreël oortree het toe hy, volgens hom, op ‘n noodoproep reageer het.

Die dokter en ander ontevrede Suid-Afrikaners het sy storie op verskeie sosialemediaplatforms gedeel. Jardine het Vrydagaand ‘n noodoproep ontvang en moes iemand gaan help wat dringend mediese sorg benodig het. Op pad huis toe is hy deur die polisie afgetrek.

Dokter na nag in tronksel vrygelaat

Hy is eers Saterdagoggend op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die dokter het die week in die Edenvale-landdroshof op aanklag van die oortreding van regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur verskyn. Hy sal op 5 Augustus weer verskyn nadat die saak uitgestel is.

Kol. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens Kweza het die dokter nie ‘n pemit by hom gehad nie. Hy sê noodsaaklike werkers moet pemitte en hulle ID by hulle dra sodat die polisie vir seker kan weet die persoon is wie hy beweer hy is.

LEES OOK: Moenie Hammarsdale-pakhuis se besmette vleis eet nie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *