HAMAMRSDALE. – Die publiek word gewaarsku om nie vleisprodukte uit die Sequence Col Storage-pakhuis op Hammarsdale, wat onlangs onder plundering deurgeloop het, te eet nie. Die vleisprodukte is “besmet” en kan moontlik skadelik wees.
Die departement van omgewingsgesondheid het die fasiliteit besoek en bevind dat die vleisprodukte van die pakhuis moontlik onveilig is om te gebruik. Die bederfbare vleis- en pluimveeprodukte was nie teen die regte temperatuur gestoor en vervoer nie.
Mense van Hammarsdale gewaarsku
Die publiek word dus aangeraai om hierdie produkte dringend in ‘n vullishouer te gooi. Die sak moet dan eers uitgesit word wanneer dit deur die munisipaliteit opgetel gaan word. Die besmette vleis moenie begrawe of net in ‘n openbare plek gegooi word nie.
Mense van die publiek wat navrae het, kan die departement by 031 311 3555 kontak.
LEES OOK: Is die bekende Bachelor SA-paartjie nog saam of nie?
LEES OOK: Man dood gevind met vreemde boodskap op liggaam geskryf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



