August 1, 2021

Is die bekende Bachelor SA-paartjie nog saam of nie?

Aanhangers sal die twee se sosialemediablaaie moet dophou om uit te vind wat regtig aan die gang is.

Is die bekende Bachelor SA paartjie nog saam of nie?

Is die bekende Bachelor SA paartjie nog saam of nie? Foto: Instagram

Alhoewel die Bachelor SA-paartjie, Marc Buckner en sy blonde Marisia van Wyk, al voorheen uitgemaak en weer bymekaar uitgekom het, is daar weer gerugte dat die twee nie meer saam is nie.

Die twee was deel van die tweede seisoen van die Suid-Afrikaanse Bachelor-program. Hulle het in 2020 uitgemaak, maar aanhangers was bly toe hulle weer einde van verlede jaar aangekondig het die liefde is weer sterk. ‘n Webwerf met die naam Bachelor Nation SA het die nuus bekendgemaak.

Op Marc en Marisia se Instagram-profiele kon gesien word die twee volg mekaar nie meer op die app nie. Hulle het egter nog nie foto’s van mekaar op hulle profiele verwyder nie.

Saam met die aankondiging van Bachelor Nation SA op Instagram is daar ook ‘n skermgreep. Die skermgreep wys wat Marc antwoord op iemand wat vra hoekom daar nie meer foto’s van die paartjie geplaas word nie. Hy antwoord dan en sê: “Ongelukkig het ons besluit om elk ons eie rigting te gaan.”

Aanhangers sal die twee se sosialemediablaaie moet dophou om uit te vind wat regtig aan die gang is.

LEES OOK: President Ramaphosa se nommer lek uit

LEES OOK: Vroulike motorfietsryer dood na botsing met bakkie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *