President Ramaphosa se nommer lek uit

Volgens Reuters het NSO ‘n verklaring uitgereik waarin bevindings van die ondersoek ontken word.

President Ramaphosa se nommer lek uit

President Ramaphosa se nommer lek uit Foto: New Frame

President Cyril Ramaphosa se naam en nommer is op ‘n uitgelekte lys van persone op wie daar moontlik gespioeneer sou word of op wie daar reeds gespioeneer is met die Pegasus-bespiedware.

Pegasus is bespiedware (spyware) wat ontwikkel is deur die Israelse kuberfirma, NSO Group, wat in die geheim geïnstalleer kan word op selfone wat die meeste weergawes van iOS en Android gebruik. Wanneer dit op ‘n toestel geïnstalleer word, dra dit data oor na ‘n meesterbediener.

The Guardian het Dinsdagaand berig die uitgelekte databasis is die hart van die Pegasus-projek. Die databasis bevat selfoonnommers van 14 staats- en regeringshoofde, waaronder Ramaphosa, die Franse president Emmanuel Macron en die premier van Pakistan, Imran Khan.

Volgens Reuters het NSO ‘n verklaring uitgereik waarin bevindings van die ondersoek ontken word. Die verklaring sê verder die bevindings is “vol verkeerde aannames en teorieë”. Volgens hulle is die prgram slegs bedoel vir regeringsintelligensie- en wetstoepassingsagentskappe om terrorisme en misdaad te bekamp.

LEES OOK: Drie broers (10, 11, 20) sterf op Knysna

LEES OOK: Vroulike motorfietsryer dood na botsing met bakkie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *