Drie broers (10, 11, 20) sterf op Knysna

‘n Nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van hulle dood bepaal.

Drie broers (10, 11, 20) sterf in huis Knysna

Drie broers (10, 11, 20) sterf in huis Knysna Foto: iStock

KNYSNA. – Die polisie van Nekkies, Knysna, ondersoek die dood van drie broers, onderskeidelik 10, 11 en 20 jaar oud, wie se liggame deur hulle ma ontdek is.

Daar word beweer die broers is al Donderdagaand dood, maar hul lyke is Vrydagoggend deur hul ma ontdek. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die Knysna-polisie het ‘n ondersoekdossier geopen ná die ontdekking van die drie liggame Vrydag omstreeks 09:00.

Drie broers in huis gevind

Volgens Spies het die drie seuns glo Donderdagaand in ‘n houtwoning aan die agterkant van die hoofhuis gaan slaap. Toe hulle ma hulle die Vrydagoggend gaan haal het, het sy hulle lewelose liggame op die vloer van die huis ontdek. Nooddiesnte is ontbied en al drie is op die toneel dood verklaar.

“Omstandighede oor hul dood is nog nie bekend nie. ‘n Nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van hulle dood bepaal.”

LEES OOK: Bejaarde (84) en meisie (9) wreedaardig vermoor

LEES OOK: Vroulike motorfietsryer dood na botsing met bakkie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *