Ma sweer raad neem sonbrand binne 30 minute weg

Sy het in ’n oomblik van desperaatheid besluit om dit te probeer en kon nie glo hoe goed dit gewerk het nie.

Ma sweer truuk neem sonbrand binne 30 minute weg

Ma sweer truuk neem sonbrand binne 30 minute weg

Sonbrand kan ’n pynlike ding wees en al is dit deel van die lewe, wil mens so gou as moontlik daarvan ontslae raak. ’n Ma sweer haar raad teen sonbrand sal die pynlike situasie binne 30 minute hokslaan. Sal jy dit probeer?

LEES OOK: Windhoek se begrafnisruimte raak min

Kuur vir sonbrand

Cindie Allen-Stewart van Texas sê sy het jare lank met pynlike sonbrand gesukkel, al het sy die sonskerm aangeplak. Sy kon egter nie die son vermy nie en niks wat sy na die tyd gebruik het, het gewerk nie.

Sy het na ’n insident waartydens sy lelik gebrand het, die raad by haar skoonma gekry. Sy het in ’n oomblik van desperaatheid besluit om dit te probeer en kon nie glo hoe goed dit gewerk het nie.

Hier is wat jy moet doen:

  • Koop ’n blik Menthol-skeerroom. Die moet die skuim wees en nie die gel nie. Dit moet ook Menthol wees en nie ander geure nie, anders gaan dit nie werk nie. Volgens Cindie werk Gillette die beste.
  • Smeer die skeerroom aan die gebrande area. Moet dit nie invryf nie. Los dit net so op die vel.
  • Jy sal voel hoe die skeerroom die hitte uit jou vel trek. Jy mag dalk ’n bietjie jeuk ook.
  • Hou dit aan vir ’n halfuur. Na ’n halfuur sal die meeste skeerroom verdamp het.
  • Na 30 minute kan jy dit met louwarm water afspoel.

LEES OOK: Man slaan glo stiefpa met stok dood

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *