August 1, 2021

Windhoek se begrafnisruimte raak min

Daar moet daagliks grafte gegrawe word wat eens nie die geval was nie.

Windhoek se begrafnisruimte raak min

Windhoek se begrafnisruimte raak min

NAMIBIË. – Begrafnisruimte in Windhoek raak min weens die aantal sterftes aan Covid-19 en die hoofbegraafplaas by Pionierspark sal glo teen 2024 nie meer oop wees vir begrafnisse nie.

LEES OOK: Man slaan glo stiefpa met stok dood

Windhoek se begrafnisruimte sal nog net drie jaar hou

Harold Akwenye, woordvoerder van die Stad van Windhoek, sê die begraafplaas sal op grond van die huidige sterftesyfer nog net drie jaar kan begrawe.

Daar moet daagliks grafte gegrawe word wat voorheen nie die geval was nie. Grafgrawers word oorweldig deur die aantal begrafnisse wat daagliks by die begraafplaas plaasvind.

Bome sal moet verwyder word om nog spasie te maak

Akwenye sê die enigste manier om meer ruimte te skep, is om bome in die Gammams-begraafplaas in die stad te verwyder.

The Namibian berig terwyl sommige werkers besig is om nuwe grafte te grawe, maak ander werkers weer ou grafte oop om vir huweliksmaats en familielede plek te maak om by hul geliefdes aan te sluit.

LEES OOK: Borsinplantings maak vrou siek

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *