Man slaan glo stiefpa met stok dood

Die verdagte het glo vir sy meisie kwaad geword omdat sy vir sy ma en stiefpa raad oor hulle verhouding gegee het.

Man slaan glo stiefpa met stok dood

Man slaan glo stiefpa met stok dood

NAMIBIË. – ’n Stiefpa is glo deur sy vrou se seun met ‘n stok doodgeslaan. Die insident het laat Maandagmiddag op Ombonde yomutsewondja dorp in die Omusati-streek plaasgevind.

LEES OOK: Borsinplantings maak vrou siek

Stiefpa met stok doodgeslaan

Kom. Titus Shikongo, die Omusati-streekbevelvoerder, sê die verdagte (33) het glo vir sy meisie kwaad geword omdat sy vir sy ma en stiefpa raad oor hulle verhouding gegee het.

“Hy het na bewering eers die meisie aangerand waarna hy ’n stok opgetel het om glo ook sy ma aan te rand, maar sy ma het weggehardloop. Die verdagte se stiefpa het toe probeer om hom te keer waarna hy glo verskeie kere met die stok oor sy kop geslaan is.”

Nog nie aangekla nie

Die verdagte is in hegtenis geneem, maar is nog nie aangekla nie.

LEES OOK: Baba gered wat 1.6 km alleen see in dryf

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *