Baba gered wat 1.6 km alleen see in dryf

Die babadogtertjie is nie tydens die voorval beseer nie en is ongedeerd gevind.

Baba gered wat 1.6 km alleen binne see dryf

Baba gered wat 1.6 km alleen binne see dryf Foto: The Mirror

TUNISIË – ’n Eenjarige baba is gered nadat sy sowat 1.6 km alleen die see in gedryf het. Sy het in ’n pienk rubberring gedryf terwyl haar ouers se aandag glo afgetrek was.

LEES OOK: Moenie medikasie wat tydens plundering gesteel is, koop nie

Baba deur lewensredder gered

The Mirror berig ’n lewensredder op ’n jetski het die babadogtertjie uit die rubberring gehaal en met haar na die kuslyn gehaas. Daarna is sy deur beamptes vir burgerlike beskerming na veiligheid geneem.

Die babadogtertjie is nie tydens die voorval beseer nie en is ongedeerd.

Daar is tans nog onsekerheid oor wat haar ouers in daardie stadium gedoen het toe sy weggedryf het.

LEES OOK: Vermeende aanvallers wat op Zoom vasgelê is, ontken skuld

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *