August 6, 2021

Vermeende aanvallers wat op Zoom vasgelê is, ontken skuld

Sonder dat die verdagtes daarvan bewus was, is die aanval regstreeks aan nog mense wat die Zoom-sessie bygewoon het, gewys en is die buurtwag sowel as die polisie ontbied.

Beweerde aanvallers wat op Zoom-sessie vasgevang is, ontken skuld

Beweerde aanvallers wat op Zoom-sessie vasgevang is, ontken skuld Foto: The Namibian

NAMIBIË. – Drie vermeende aanvallers wat glo tydens ’n Zoom-sessie op beeld vasgelê is, ontken skuld.

Lees die vorige artikel hier.

Vermeende aanvallers ontken skuld

Andreas Kaushi (36), Ivula Stephanus (25) and Dorien Iyambo (21) het almal gister in die hof skuld op die aanval op Riaan Booysen (67) en Elizabeth Rossouw (65) ontken.

Booysen en Rossouw was Dinsdag 15 Julie 2021 besig om ’n aanlyn oefensessie op Zoom by te woon toe drie rowers omstreeks 08:00 hulle huis binnegedring en die paar met ’n panga aangeval het.

Aanval regstreeks uitgesaai

Sonder dat die verdagtes daarvan bewus was, is die aanval regstreeks aan nog mense wat die Zoom-sessie bygewoon het, gewys en is die buurtwag sowel as die polisie ontbied.

Die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem.

Ernstig tydens voorval beseer

Booysen is na die voorval in die hospitaal opgeneem, waar hy vir verskeie ure operasies vir sy beserings moes ondergaan. Daar is tans onsekerheid of Booysen sy sig sal herwin nadat hy tydens die voorval herhaaldelik met ’n tafel se poot in die gesig geslaan is.

Daar sal na verwagting ’n klag van poging tot moord by die klag van huisbraak met die doel om te roof, roof en ontvoering gelas word sodra Booysen in staat is om ’n verklaring af te lê.

Johannes Shangadi, staatsaanklaer, het borgtog teëgestaan weens ‘n toename in geweld teenoor senior burgers.

Borgtog teëgestaan

Al drie verdagtes het die opsie gehad om aansoek te doen vir regshulp, maar het besluit om hulself te verdedig.

Die saak is tot 20 September 2021 uitgestel.

LEES OOK: Moenie medikasie wat tydens plundering gesteel is, koop nie

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *