August 5, 2021

Moenie medikasie wat tydens plundering gesteel is, koop nie

“Die gesteelde items kan groot skade berokken as dit nie onder die toesig van ’n apteker toegedien word nie.”

Moenie medikasie wat tydens plundering gesteel is, koop nie

Moenie medikasie wat tydens plundering gesteel is, koop nie

Medikasie wat tydens die plundering gesteel is, moenie privaat gekoop word nie. Die Suid-Afrikaanse Aptekersraad het lede van die publiek gewaarsku en ook versoek om nie medikasie wat tydens die plundering gesteel is, te koop nie.

LEES OOK: Meer as 50 skole in KwaZulu-Natal geplunder

Medikasie wat tydens plundering gesteel is, kan skade veroorsaak

Vincent Tlala, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Aptekersraad, het mense aangemoedig om nie enige medikasie, insluitend entstowwe, privaat te koop nie.

“Die gesteelde items kan groot skade berokken as dit nie onder die toesig van ’n apteker toegedien word nie.”

Sowat 131 apteke is verlede week in KwaZulu-Natal en Gauteng geplunder.

LEES OOK: Twee mans gesoek na groepsverkragting van minderjarige

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *