KWAZULU-NATAL. – Meer as 50 skole is in KwaZulu-Natal geplunder, beskadig en enkeles is afgebrand.
LEES OOK: Twee mans gesoek na groepsverkragting van minderjarige
Altesaam 52 skole en instellings geplunder
Die departement van onderwys in KwaZulu-Natal sê daar is nie geld om skole, wat deur plunderaars beskadig is, reg te maak nie. Die omvang van die skade is nog nie beraam nie omdat beamptes weens ’n tekort aan brandstof nie by die persele kom uitkom nie.
Sal nie binnekort herstel word nie
Muzi Mahlambi, woordvoerder van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal sê 52 onderwysinstellings, waarvan twee opleidingsentrums en twee streekskantore was, is geplunder en beskadig.
Weens die beperking op die departement se begroting sal hierdie geriewe nie binnekort herstel word nie.
Sal die week skade beraam
Die departement beoog om hierdie week nog by die onderskeie persele uit te kom om die totale omvang van die skade te beraam.
LEES OOK: Vrou val glo kêrel aan, word glo doodgesteek
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



