Vrou val glo kêrel aan, word glo doodgesteek

Hy het haar glo ontwapen en na bewering dieselfde mes gebruik om haar te steek.

Vrou glo deur kêrel doodgesteek

Vrou glo deur kêrel doodgesteek

NAMIBIË. – ’n Vrou (38), wat glo haar kêrel aangeval het, is glo deur haar kêrel (26) doodgesteek nadat sy ’n mes uitgepluk het. Na bewering het hy die mes by haar afgevat voordat hy haar glo doodgesteek het.

LEES OOK: Bloemfontein-man in ongeluk met trein oorlede

Vrou het glo kêrel eerste aangeval

Insp. Ileni Shapumba, polisiewoordvoerder, sê die paartjie het gestry voordat die slagoffer, Chreselda Smith, die verdagte by haar woonstel uitgegooi het.

Die verdagte het ’n sigaret gaan koop waarna hy later sy meisie saam met twee ander vriende sien loop het.

Ontwapen en steek haar dood

The Namibian berig die verdagte het toe sy meisie en die vriende genader, waarna sy glo ’n mes uitgepluk het om hom aan te val. Hy het haar glo ontwapen en na bewering dieselfde mes gebruik om haar te steek.

Sy is op slag dood.

Die verdagte is in hegtenis en het Maandag 19 Julie 2021 in die hof verskyn.

LEES OOK: Telkom skuld werknemers bykans R5 miljoen

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *