Bloemfontein-man in ongeluk met trein oorlede

Die voorval het Sondagmiddag omstreeks 15:10 by die Marius-spoorwegkruising op Ferreira plaasgevind.

Bloemfontein-man in ongeluk met trein oorlede

Bloemfontein-man in ongeluk met trein oorlede Foto: Maroela Media

BLOEMFONTEIN. – Gerhard Slabbert (46), Bloemfontein-man en besigheidseienaar is Sondag oorlede nadat sy bakkie teen ’n trein gebots het.

Die voorval het Sondagmiddag omstreeks 15:10 by die Marius-spoorwegkruising op Ferreira plaasgevind.

LEES OOK: Man dood toe trein en bakkie bots

Bloemfontein-man oorlede

Die drywer van die trein was glo op pad vanaf Springfontein na Bloemfontein toe hy die wit Ford Ranger-bakkie naby die spoorwegkruising oplet.

Die treindrywer het glo die bakkie probeer waarsku deur te toet, maar die bakkie het nie tot stilstand gekom nie en die trein het die bakkie getref. Die bakkie is sowat 50 meter saam met die trein gesleep voordat dit tot stilstand gekom het.

Op slag oorlede

Slabbert is glo op slag oorlede en deur die brandweer -en reddingspan van Mangaung deur middel van meganiese toerusting uit die wrak bevry.

Slabbert was die eienaar van Cable Man Bloemfontein.

Maroela Media berig een van Slabbert se vriende het bevestig Slabbert is in die ongeluk oorlede.

’n Saak van strafbare manslag word nou ondersoek.

LEES OOK: Man se versteekte oorskot na 20 jaar in tuin gevind

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *