Man se versteekte oorskot na 20 jaar in tuin gevind

Byna twintig jaar na haar man se verdwyning is Lee op 30 Oktober 2015 op 74-jarige ouderdom aan breinkanker dood in die geloof dat sy haar donker geheim na die graf geneem het en niemand sou ontdek wat met haar man gebeur het nie.

Man se versteekte oorskot na 20 jaar in tuin gevind

Man se versteekte oorskot na 20 jaar in tuin gevind Foto's: The Mirror

WALLIS. – ’n Man se versteekte oorskot is na 20 jaar in sy vrou se tuin gevind. Sy het hom glo met ’n klippadda oor die kop geslaan, voordat sy hom in die tuin begrawe het.

LEES OOK: Man dood toe trein en bakkie bots

Versteekte oorskot in tuin gevind

Bykans 20 jaar later het iemand wat ’n poets probeer bak het, per ongeluk op die oorskot afgekom.

Lee en John Sabine het in 1960 getrou en in 1997 vanaf Nieu-Seeland na Wallis verhuis. John het later dieselfde jaar verdwyn en is nooit weer gesien nie. Hy was in daardie stadium 67 jaar oud en is nooit as vermis aangemeld nie, alhoewel sy naam steeds op die kiesregister verskyn het.

Dood aan breinkanker

Byna twintig jaar na haar man se verdwyning is Lee op 30 Oktober 2015 op 74-jarige ouderdom aan breinkanker dood in die geloof dat sy haar donker geheim na die graf geneem het en niemand sou ontdek wat met haar man gebeur het nie.

Slegs twee maande later in November 2015 is John se versteekte oorskot in die egpaar se tuin gevind.

Saak van moord geopen

Die polisie het by die huis opgedaag en ontbinde menslike oorskot gevind. ’n Patoloog het bewyse van vuilspel geïdentifiseer nadat hy ’n hou op die agterkop op John se skelet gevind het. ’n Saak van moord is daarna geopen.

LEES OOK: Kerke vra amnestie vir plunderaars om gesteelde goedere terug te bring

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *