August 5, 2021

Man dood toe trein en bakkie bots

Die treindrywer het glo die bakkie probeer waarsku deur te toet, maar die bakkie het nie tot stilstand gekom nie en die trein het die bakkie getref.

Man dood toe trein en bakkie bots

Man dood toe trein en bakkie bots Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa

BLOEMFONTEIN. – ’n Man (45) is oorlede toe sy bakkie teen ’n trein gebots het. Die voorval het Sondagmiddag omstreeks 15:10 by die Marius-spoorwegkruising op Ferreira plaasgevind.

LEES OOK: Kerke vra amnestie vir plunderaars om gesteelde goedere terug te bring

Trein en bakkie naby Bloemfontein gebots

Die drywer van die trein was glo op pad vanaf Springfontein na Bloemfontein toe hy die wit Ford Ranger-bakkie naby die spoorwegkruising oplet.

Die treindrywer het glo die bakkie probeer waarsku deur te toet, maar die bakkie het nie tot stilstand gekom nie en die trein het die bakkie getref. Die bakkie is sowat 50 meter saam met die trein gesleep voordat dit tot stilstand gekom het.

Op slag dood

Paramedici van Med247 is na die toneel ontbied en het die bakkie langs die spoorweg gevind.

By verdere ondersoek het paramedici bevind die bestuurder van die bakkie het noodlottige beserings opgedoen en is op slag dood.

Liggaam uit wrak bevry

Die man se liggaam moes deur die brandweer -en reddingspan van Mangaung deur middel van meganiese toerusting uit die wrak bevry word.

’n Saak van strafbare manslag word nou ondersoek.

LEES OOK: Tronkstraf vir verspreiding, invoer en skep van kinderpornografie

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *