Reserwebank waarsku: ‘Moenie note met ink op aanvaar’

Die Reserwebank het ook mense wat gevlekte note ontvang het, versoek om dit dadelik na hul naaste polisiekantoor te neem.

Reserwebank waarsku: "Moenie note met ink op aanvaar"

Reserwebank waarsku: "Moenie note met ink op aanvaar" Foto: Facebook

JOHANNESBURG – Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) waarsku mense om nie banknote wat met blou of groen ink bevlek is, te aanvaar nie.

Dit volg nadat plunderaars meer as 1 400 kitsbanke gedurende die afgelope week se geweld in dele van die land opgeblaas en vernietig het. Die Reserwebank sê hulle sien veral dié soort note in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal wat die ergste deur die onluste getref is.

Kitsbanke hou kontant in spesiale houers wat beskerm word deur kleurstoftegnologie wat geaktiveer word wanneer die houer oopgebreek word. Sodra die kleurstof geaktiveer is, word die kontant met ‘n groen en blou kleurstof gekleur.

Die Reserwebank het ook mense wat gevlekte note ontvang het, versoek om dit dadelik na hul naaste polisiekantoor te neem.

LEES OOK: Brandstof styg moontlik skerp, AA waarsku motoriste om tuis te bly

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *