Altesaam 3 407 plunderaars vas, polisie herwin gesteelde goedere

Persone wat gesteelde goedere by plunderaars koop, kan ook vir die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem word.

Altesaam 3 407 plunderaars vas, polisie herwin gesteelde goedere

Altesaam 3 407 plunderaars vas, polisie herwin gesteelde goedere

Altesaam 3 407 vermeende plunderaars is teen Sondagoggend in verband met plundering in hegtenis geneem.

NatJoints, die gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur, doen ‘n beroep op plunderaars om gesteelde goedere vrywillig aan die owerhede terug te besorg.

Indien plunderaars nie aan die oproep gehoor gee nie, kan hulle in hegtenis geneem word en ‘n kriminele rekord in die gesig staar.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van NatJoints, sê veiligheidsmagte is tans besig om gesteelde goerdere te herwin deur inligting wat deur gemeenskapslede gegee word oor waar gesteelde goedere is, op te volg.

Persone wat gesteelde goedere by plunderaars koop, kan ook vir die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem word.

Lees ook: KYK: So hou Shoprite plunderaars weg

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *