August 6, 2021

Tronkstraf vir verspreiding, invoer en skep van kinderpornografie

Calder het tydens sy getuienis nooit na die materiaal as kindermishandeling of misbruik verwys nie, maar eerder as onsin en lawwe dinge. Daar is ’n pedofiele afwyking by hom gediagnoseer en kenners meen daar is n groot kans vir heroortreding.

Tronkstraf vir verspreiding, invoer en skepping van kinderpornografie

Tronkstraf vir verspreiding, invoer en skepping van kinderpornografie Foto: IOL

 KAAPSTAD. – Tien jaar tronkstraf is vir die verspreiding, invoer en skep van kinderpornografie vir Clinton Mark Calder (53) opgelê nadat hy op meer as 3 000 aanklagte skuldig bevind is.

LEES OOK: Seun verdrink voor familie, swemmers

Tronkstraf vir kinderpornografieverdagte

Calder het sy kriminele aktiwiteite vanaf 23 September tot 7 Junie 2015 uitgevoer, waarna hy op 31 Augustus 2015 in hegtenis geneem is. Hy het tydens sy inhegtenisname probeer om van sy skootrekenaar ontslae te raak, waarop daar later 3 215 beelde van kinderpornografie -en misbruik gevind is.

Internasionale kinderpornografienetwerk

Tydens die hofsaak het die hof aangehoor Calder was deel van ’n internasionale kinderpornografienetwerk wat daartoe gelei het dat ander verdagtes wêreldwyd kon opspoor en blootstel. Hy was deel van ’n groep oortreders wat nie maklik opgespoor en aangekeer kon word nie.

Pedofiele afwyking

Calder het tydens sy getuienis nooit na die materiaal as kindermishandeling of misbruik verwys nie, maar eerder as onsin en lawwe dinge. ‘n Pedofiele afwyking is by hom gediagnoseer en kenners meen daar is n groot kans vir heroortreding.

Gevonnis

Calder, ’n aandelemakelaar van Vishoek, is in 2015 op R5 000 borgtog vrygelaat, maar is deur die Wynberg-streekhof tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Die hof het twee jaar van die vonnis vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat Calder nie skuldig bevind word aan seksuele misdrywe van verwante aangeleenthede op die wet op film en publikasie nie.

LEES OOK: Gerrit Lee van der Westhuizen in Edenvale vermis

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *