August 1, 2021

Gerrit Lee van der Westhuizen in Edenvale vermis

Na bewering is Gerrit op 1 Julie 2021 om 21:00 in die Verre-Ooste-hospitaal gesien. Ongelukkig kon die hospitaal nie hierdie inligting bevestig nie.

Gerrit Lee van der Westhuizen in Edenvale vermis

Gerrit Lee van der Westhuizen in Edenvale vermis Foto: Verskaf

EDENVALE. – Gerrit Lee van der Westhuizen (33) is sedert 9 Junie 2021 in die Edenvale-area vermis.

Gerrit is op dié dag omstreeks 18:00 laas gesien toe sy vriend hom by ’n vulstasie tussen Edenvale en Springs afgelaai het.

LEES OOK: Nagmerrie laat glo man stiefkind vermoor

Gerrit Lee van der Westhuizen steeds vermis

Hy is daarna by ’n vierrigtingstop by die Endicott Plots in Edenvale gesien. Die volgende Maandagaand en Dinsdagoggend is Gerrit weer gesien. Gerrit het ’n swart rugsak sowel as ’n groen toksak met Broad line daarop geskryf, by hom gehad.

Hy is glo van sy besittings beroof. Daarna is Gerrit nie weer gesien of van gehoor nie.

Na bewering is Gerrit op 1 Julie 2021 om 21:00 in die Verre-Ooste-hospitaal gesien. Ongelukkig kon die hospitaal hierdie inligting nie bevestig nie.

Familie bekommerd

Gerrit se suster, Lephalale, is baie bekommerd en wil graag hê Gerrit moet veilig huis toe kom en weer by haar kom bly.

Gerrit het ’n merk op sy een been sowel as ’n merk aan die linkerkant van sy kop.

Indien jy enige inligting het oor waar Gerrit hom bevind, kontak vir Florien Deysel by 061 123 3767.

LEES OOK: Britney Spears voogdyskapsaak word hersien, stel eie prokureur aan

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *