Britney Spears voogdyskapsaak word hersien, stel eie prokureur aan

Sedert Britney se aansoek om die voogdyskap te beëindig, het daar baie verwikkelinge plaasgevind.

Britney Spears voogdyskapsaak word hersien, stel eie prokureur aan

Britney Spears voogdyskapsaak word hersien, stel eie prokureur aan

Britney Spears kry ‘n nuwe prokureur te midde die voogdyskapsaak wat nog voortgaan en nou hersien word. Sy kon onlangs daarin slaag om haar eie prokureur aan te stel en nie gebruik te maak van die prokureur wat deur die hof vir haar in 2008 aangestel is nie.

LEES OOK: Britney Spears besluit om af te tree

Britney Spears kry nuwe prokureur

Britney het Samuel Ingham III met voormalige federale aanklaer Mathew Rosengart vervang. Sy het ook in die hof getuig sy is bang vir haar pa, Jamie Spears, en wil hom krimineel aankla.

Nuwe verwikkelinge

Sedert Britney se aansoek om die voogdyskap te beëindig, het daar baie verwikkelinge plaasgevind.

Britney het besluit om af te tree en weier om verder musiek te maak totdat sy van die voogdyskap vrygestel is.

Haar bestuurder van meer as 25 jaar, Larry Rudolph, het sy bedanking ingedien om sy ondersteuning aan haar te wys.

Die maatskappy, Bessemer Trust, die private welvaartbestuursmaatskappy, wat saam met haar pa tot September vanjaar as kurators aangestel is, het onttrek weens die veranderde omstandighede wat Spears se getuienis teweeggebring het. 

LEES OOK: Bekendes wil Britney Spears uit ‘tronk’ red

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *