Britney Spears besluit om af te tree

Deel hierdie storie / Share this story

Britney Spears het besluit om af te tree nadat haar aansoek om haar voogdyskap te beëindig deur die hof afgekeur is.

LEES OOK: Onthou om vervalde lisensies te hernu

Britney Spears pleit by die hof

Britney Spears het op 23 Junie 2021 in ’n 24 minute lange getuienis voor die hof gepleit om haar voogdyskap te laat beëindig.

Die hof het die aansoek op 1 Julie 2021 afgekeur.

Kurator onttrek

Die maatskappy, Bessemer Trust, die private welvaartbestuursmaatskappy, wat saam met haar pa tot September vanjaar as kurators aangestel is, het onttrek weens die veranderde omstandighede wat Spears se getuienis teweeggebring het. Haar pa, Jamie Spears, is nou die alleenkurator.

Hou op musiek maak

Britney het voordat die hofsaak voorgekom het gesê sy sal ophou musiek maak tot sy van die voogdyskap vry is. Sy het nou egter besluit om heeltemal af te tree nadat die hof haar aansoek afgekeur het.

Bestuur praat uit

Larry Rudolph, Britney Spears se bestuurder vir die afgelope 25 jaar, het haar besluit om af te tree bevestig en het ook sy bedanking ingedien om sy ondersteuning aan haar te wys.

“As haar bestuurder glo ek dit is in Britney se beste belang om uit haar span te bedank, aangesien my professionele dienste nie meer nodig is nie.

“Ek sal altyd ongelooflik trots wees op wat ons gedurende ons 25 jaar saam bereik het. Ek wens Britney alle gesondheid en geluk in die wêreld toe en ek sal daar wees vir haar as sy my ooit weer nodig het, net soos ek nog altyd was.”

LEES OOK: Verdagtes vergiftig glo honde, hol weg voor hulle plaas beroof

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.