Verdagtes vergiftig glo honde, hol weg voor hulle plaas beroof

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Verdagtes het glo honde vergiftig in ’n poging om ’n plaas te beroof. Hulle plan was egter nie suksesvol nie en hulle het van die toneel gevlug.

LEES OOK: ‘Lekker los’ briefies oor skool se heining

Vergiftig honde om plaas te beroof

Op 5 Julie 2021 het ’n onbekende aantal verdagtes ’n plaas op Leandra probeer beroof. Die verdagtes het glo die honde op die erf vergiftig en ook ’n manier gekry om oor die elektriese heining te kom.

Volgens South Africa Today het die verdagtes toegang tot die erf verkry. Daar was ekstra sekuriteit op die perseel in die vorm van lasers, wat alarm gemaak het toe die verdagtes dit aftrap.

Vlug van toneel af

Die verdagtes het glo geskrik vir die alarm wat hulle teenwoordigheid bekend gemaak het en van die toneel af gevlug.

Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Tasse vol liggaamsdele by trein uitgegooi