‘Lekker los’ briefies oor skool se heining

Deel hierdie storie / Share this story

**Skuilname word gebruik om die identiteit van betrokke persone te beskerm**

POTCHEFSTROOM. – Briefies vir ‘n lekker vry is deur ‘n skool se heining gegooi, glo in die hoop om ‘n leerling te verneder. Die hele dorp is in rep en roer nadat Rapport Sondag 4 Julie 2021 berig het oor ’n laerskoolleerling wie se ma geknak het oor haar dogter wat aanhoudend geboelie word. Die ma het toe die briewe oor die skoolheining gaan gooi.

LEES OOK: Tasse vol liggaamsdele by trein uitgegooi

Briefies deur heining

In hierdie briewe het die ma geskryf “Vir ‘n lekker vry, bel vir…. Sy is lekkerrr los” met ’n dogter se naam en selfoonnommer daarby. Ouers van die dogter wie se naam in hierdie briewe genoem is, het ’n saak van laster by die polisie geopen.

Die betrokke partye van albei dogters en ouers wat deur die voorval geraak word, wou geen kommentaar lewer aan die Potchefstroom Herald nie.

“Ek wou haar laat voel soos sy my dogter laat voel”

*Susan*, wat die briewe oor die heining gegooi het, het glo na bewering aan ’n vriendin gesê haar dogter het in ’n erge depressie verval as gevolg van die onophoudelike afknouery wat plaasgevind het by die skool en op sosiale media. Sy wou die “ander meisie” laat voel het hoe haar dogter voel.

Jaloesie oor kêrel

*Andrea*, ma van die dogter wat in die briewe genoem word, beweer dat *Susan* ontsteld was omdat haar dogter nou uitgaan met *Susan* se dogter se eks-kêrel. 

Die kêrel se ma beweer dit is nie die waarheid nie en *Susan se dogter het depressief geraak omdat *Andrea se dogter haar begin boelie het.

Daar is ook blykbaar ’n anonieme pakkie deur ’n plaaslike bloemiste aan *Andrea* se dogter by die skool afgelewer. Rapport het berig die pakkie was met sonneblomme versier. Binne-in die pakkie was ’n sjokolade en ’n tennisbal met ’n nota wat lees “Jy het gesê jy wil met my speel.”

*Andrea* is baie teleurgesteld in *Susan* se optrede en ontsteld oor haar dogter se naam wat nou so deur die modder gesleep is.

*Susan het erken sy het die pakkie gestuur, maar sê dit het nie van haar af gekom nie. Sy het dit namens ’n seun afgegee wat te skaam was om dit self vir *Andrea* se dogter te gee. 

Briefies-saak word ondersoek

Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het bevestig die saak word tans ondersoek, maar niemand is nog aangekla nie.

LEES OOK: Swanger met die pastoor se baba