Maak só vetkoek met gekoopte brooddeeg

Deel hierdie storie / Share this story

Vir almal wat so sukkel om vetkoek met gekoopte brooddeeg te bak, hier is hoe ek dit doen.

Maak só vetkoek met gekoopte brooddeeg

  1. Koop die deeg vroeg genoeg en los sommer in die sakkie om te rys. Ek los dit sommer op die kombuistafel.
  2. As die sakkie styf span van die brooddeeg, is dit reg om te gebruik. As dit nog te vroeg is, kan jy dit eers in die yskas bêre sodat die sakkie nie bars nie. Haal dan net vroeg genoeg uit sodat dit weer kamertemperatuur kan bereik voor jy dit bak.
  3. Gooi ‘n bietjie olie op die tafel uit en gooi die deeg op die olie. Draai die brooddeeg om sodat altwee kante vol olie is en druk dit liggies platter. Ek sny dit dan. (Ons eet sommer vierkantige vetkoeke.)
  4. Ek gebruik dan sommer die deeg se sakkie en skeur twee kante oop en sit dit oor die deeg dat dit nie uitdroog nie.
  5. Maak jou olie warm (medium hitte). As ‘n vetkoek begin borrels maak in die olie, is dit reg. Gebruik genoeg olie dat die vetkoek dryf en nie op die bodem lê nie.
  6. Draai die vetkoek af en toe om tot dit so bruin is soos jy dit wil hê. As ek met die agterkant van ‘n lepel of vurk op die vetkoek tik en hy klink hol, behoort hy reg te wees.
    Wenk: Braai jou vetkoek eerder bietjie langer op laer hitte dat hy deurgaar word as wat hy buite te donker word voor hy binne gaar is.

Resep: Erna van der Merwe

Lees ook: Maak só jou eie pynappelbier

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.