Lieb Bester in hospitaal vir die tweede keer

Deel hierdie storie / Share this story

Lieb Bester (72), die bekende akteur en sanger, is steeds aan die veg teen Covid-19. Hy is tans vir die tweede keer in die hospitaal opgeneem.

Volgens Rekord is Bester in Junie vir die eerste keer in die hospitaal opgeneem. Bester, sy broer en dié se vrou het positief getoets vir die virus.

Lees ook: Ikoon van skoonheid in die 19de eeu: Persiese prinses Zahra

Lieb Bester was uit die hospitaal ontslaan en volgens boodskappe op sosiale media het dit beter gegaan met hom, alhoewel hy nog met suurstof gesukkel het.

Die Facebook-blad, Alles wat mal is, het egter gedeel dat Bester weer oor die naweek in die hospitaal opgeneem is. Hy het glo longontsteking en baie swak nierfunksie.

Lieb is bekend vir sy rol as Fritz in die sepie Villa Rosa.

Lees ook: Redakteur wat oor ‘Tembisa 10’ berig, aangevat