Ouma oorwin Covid ondanks hoë bloeddruk, hartversaking, cholesterol

Deel hierdie storie / Share this story

NAMIBIË. – Gertruida Hartney (76), of ouma Gertrude soos baie haar noem, het Covid-19 oorwin al sy ly aan chroniese hoë bloeddruk, hartversaking en hoë cholesterol.

Ouma Gertrude vertel aan The Namibian sy het haarself na een en ‘n halwe week uit die Katutura-staatshospitaal ontslaan. Daar word berig sy het siek begin voel en talle Covid-19-simptime gewys. Ouma Gertrude is twee keer vir die virus getoets en die resultate het albei kere negatief teruggekom.

Ouma oorwin Covid-19

“Na ‘n groot gesukkel om suurstof in die hande te kry, het ons haar oortuig om na die Katutura-staatshospitaal geneem te word. Sy is in die groot saal opgeneem. Na twee dae in die saal het sy vermoedelik Covid-19 van ‘n pasiënt langs haar opgedoen,’ sê Meldene Nell, kleindogter, aan The Namibian. Sy is toe na ‘n ander saal geskuif.

Alhoewel sy nou Covid-19 oorwin het, sê ouma Gertrude daar was ‘n tyd wat sy gedink het sy gaan doodgaan. Sy sê sy het aanhou glo en Jesus gevra om haar te vergewe. Min het sy geweet haar pad op aarde is nog nie verby nie. Sy en haar familie is nou bly om hopelik nog vele jare saam te kan deurbring.

LEES OOK: Lamba-variant: hoe vergelyk dit met die Delata-variant?

LEES OOK: Veloorplanting vir 7 maande oue baba na fratsongeluk met haardroër

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.