AUSTRALIë. – Trauma, tydelike blindheid, ‘n veloorplanting en verskeie ander operasies is wat die sewe maande oue babadogtertjie moet deurmaak na ‘n fratsongeluk met ‘n haardroër.
Dannielle and Levi Robbins, ouers van die babadogtertjie, sê hulle voel soos die “slegste ouers in die wêreld” nadat klein Sienna in ‘n kamer gelê en slaap het en met tweede- en derdegraadse brandwonde op haar kop en in haar nek wakker geword het.
Die ouers vertel aan The Advertiser die voorval het op 26 Junie plaasgevind toe die familie bordspeletjies gespeel het. Dannielle sê soos enige ander ma het sy elke 10 tot 15 minute gaan seker maak haar baba slaap nog rustig op haar bed. Volgens die ma het sy kussings rondom die bed gepak om te keer dat Sienna afval.
Veloorplanting na fratsongeluk
Skielik het sy die haardroër hoor aangaan. Sy het na die kamer toe gehardloop en gesien Sienna het van die bed afgeval en op die haardroër wat op die vloer gelê het, beland. Met haar val is die haardroër aangeskakel. Die gevolg was erge tweede- en derdegraadse brandwonde op haar kop en in haar nek.
Dannielle het vir haar man geskreeu om ‘n ambulans te ontbied. Sy het koue water uit ‘n klein bakkie oor die brandwonde laat loop terwyl sy Siennna teen haar bors getroos het. “Ek het na haar kop gekyk en geweet dit is erg.”
Die erge brandwonde het Sienna se kop so geswel dat sy drie dae blind was. Sy het reeds een operasie ondergaan, maar sy moet nog baie operasies, waaronder ‘n veloorplanting, kry. Dit is waarskynlik dat hare op dele van haar kop nooit weer sal teruggroei nie.
LEES OOK: Suretha Brits bly in aanhouding na sy man glo laat vermoor
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



