POFADDER. – Suretha Brits (30) bly in aanhouding nadat sy vandag in die Pofadder-landdroshof verskyn het. Sy word van moord aangekla nadat haar man, Leon Brits (41), se liggaam op 7 Oktober 2020 in sy swembad gevind is.
Leon het verskeie steekwonde aan sy liggaam gehad. Volgens kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, word die saak na die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley verwys. Brits sal op 15 November 2021 daar verskyn. Die beskuldigde bly in aanhouding terwyl die ondersoek voortduur.
Suretha Brits verskyn weer
Suretha het twee maande gelede ook in die Pofadder-landdroshof verskyn en die saak is toe na 5 Julie uitgestel.
Jacques van Vuuren (37) is reeds tot 20 jaar tronkstraf vir sy betrokkenheid by die moord gevonnis. Hy beweer Suretha was die baasbrein agter die moord. Die hooggeregshof in Kimberley het hom 25 jaar gevonnis vir die moord, waarvan vyf jaar opgeskort is, 15 jaar weens roof met verswarende omstandighede en drie jaar weens die onwettige besit van ‘n vuurwapen.
Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word en Van Vuuren sal effektief 20 jaar agter tralies wees.
LEES OOK: Pofadder-moord: vrou vandag borgtog geweier
LEES OOK: Leon Brits se vrou betaal glo R400 000 en diamantring om man te vermoor
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



