April 20, 2021

Leon Brits se vrou betaal glo R400 000 en diamantring om man te vermoor

Leon Brits se vrou betaal glo R400 000 en diamantring om man te vermoor

Leon Brits se vrou betaal glo R400 000 en diamantring om man te vermoor Foto: facebook

POFADDER. – Daar word beweer die hoteleienaar, Leon Brits, se vrou, Suretha Brits (30), het glo R400 000 en ‘n diamantring belowe om haar man te laat vermoor.

Rapport berig Jacques van Vuuren (37) wat reeds tot 20 jaar tronkstraf vir sy betrokkenheid by die moord gevonnis is, beweer Leon se vrou was die baasbrein agter die moord. Die hooggeregshof in Kimberley het hom 25 jaar gevonnis vir die moord, waarvan vyf jaar opgeskort is, 15 jaar weens roof met verswarende omstandighede en drie jaar weens die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word en Van Vuuren sal effektief 20 jaar agter tralies wees.

Hoteleinaar se vrou in aanhouding

LEES OOK: Moordverdagte – Suretha Brits bly in aanhouding na hofverskyning

Suretha Brits is in aanhouding en word aangekla van moord. Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die saak word tot 7 April 2021 vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel. Een van die drie mans wat ook by die moord betrek word, het ‘n pleitooreenkoms met die hof wat haar toe ook by die saak betrek het.

Suretha het voor haar inhegtenisneming verskeie boodskappe op Facebook geplaas waarin sy sê hoe baie sy haar man mis. Dit lyk of haar blad intussen verwyder is.

Leon Brits se liggaam op 7 Oktober 2020 gevind

Van Vuuren beweer Suretha het hom R400 000 en ‘n diamant belowe indien hy Leon sou vermoor. R200 000 is glo vooraf aan hom gegee. Enroch Willimans (34) en Amantle Bareki (24), wat ook by die moord betrek word, is op waarskuwing vrygelaat en sal weer op 17 Mei in die hof verskyn.

Brits is op 7 Oktober 2020 in ‘n swembad by een van die egpaar se eiendomme op Pofadder gevind. Daar was verskeie steekwonde aan sy liggaam.

LEES OOK: Tongaat-man vermis na hy na sy ouers ryloop

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: