Diewe merk jou huis met verkillende voorwerpe. Sodoende weet hulle watter huise om te teiken. Verskillende voorwerpe het verskillende betekenisse. Elke huiseienaar wil alles in sy vermoë doen om sy eiendom te beskerm.
Wees dus altyd op die uitkyk wanneer jy voor jou eiendom staan of met jou motor stilhou.
Diewe kan jou huis ook so merk
Verwyder dit
Indien jy by jou voorhek stop en enige voorwerp sien wat dalk agterdogtig lyk – verwyder dit onmiddellik. Moenie jou hand gebruik om die voorwerp op te tel nie. Steek jou hand in ’n plastieksak en tel dit daarmee op.
Maak dus seker dat daar niks voor jou huis rondlê nie. Waarsku ook jou buurman as jy ’n voorwerp voor sy eiendom sien.
’n Bottel aan ’n paal vasgemaak
’n Plasing op Facebook het gewys watter verskillende voorwerpe ’n boer op sy plaas gekry het. Dit het gewissel van ’n bottel wat aan ’n paal vasgemaak is tot stokke wat regop geplant is. Voorwerpe wat jou huis merk, kan plastiekbottels, ’n skoen, ’n sakkie onder ’n klip en ’n letter geskryf op ’n muur insluit.
Besoek jou naaste polisiekantoor indien jy meer wil weet vir watter voorwerpe jy op die uitkyk moet wees.
LEES OOK: Seun (15) by swembad deur slang gebyt, paar dae in ICU
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



