April 20, 2021

11-jarige glo met knopkierie geslaan, oorleef terwyl vyf familielede sterf

Die 11-jarige kleinseun is na bewering deur aanvallers met ‘n knopkierie op die neus getref.

11-jarige glo met knopkierie geslaan, oorleef terwyl vyf familielede sterf

11-jarige glo met knopkierie geslaan, oorleef terwyl vyf familielede sterf Foto: ecr.co.za

VRYSTAAT. – Die polisie is op soek na verdagtes nadat lede van ‘n familie vermoor is. ‘n 11-jarige seun het oorleef nadat hy na bewering met ‘n knopkierie geslaan is.

Op 4 April 2021 omstreeks 03:30 het die polisie ‘n oproep ontvang van ‘n huis wat brand.

“Met die polisie se aankoms by Marakong het hulle ‘n lyk van ‘n vrou met ‘n skietwond in die maag op die grond gevind. In die afgebrande huis is ‘n verbrande lyk van ‘n man gevind. Die twee was glo ‘n paartjie in hul vroeë dertigs,” sê kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder.

11-jarige in hospitaal vir behandeling

By ‘n ander huis is die lyke van ‘n moeder, haar dogter en seun verbrand in ‘n hut gevind. Die 11-jarige kleinseun is na bewering deur aanvallers met ‘n knopkierie op die neus getref. Hy ontvang tans mediese behandeling in ‘n plaaslike hospitaal.

“Die motief vir die moord is tans onbekend en ‘n saak van moord, brandstigting en poging tot moord is vir verdere ondersoek geregistreer.”

LEES OOK: Leon Brits se vrou betaal glo R400 000 en diamantring om man te vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: