Burre Burger: ‘Here hoekom?’ Droogte in SA knou boere

Burre Burger: "Here hoekom?" Droogte in S.A knou boere

(Foto: Burre Burger) Burre Burger: "Here hoekom?" Droogte in S.A knou boere

SUID-AFRIKA.- Terwyl groot dele van ons land geseën is met rëen, is daar steeds dorre dele in Suid-Afrika waar boere bid vir rëen terwyl hulle diere om hul begin sterf. Mense soos Burre Burger probeer boere bystaan in hierdie tyd.

Burre Burger, ‘n man wat reeds baie boere help en bystaan tydens die moeilike tydperk wat net nie tot ‘n einde kom nie, het vannogend ‘n plasing op sy Facebook-blad gemaak. Hy sê hy is moeg en wonder net waar is die regering. “Iemand sê my vanoggend hoe droog dit op sy plaas is. Al wat ek kon uitkry, was: Jy het net een plaas, vanoggend staan ek met 100 plus plase waar dit droog is.”

Elke dag is ‘n dag van hartseer en dood. Burre Burger sê daar is voer om aan die diere te gee, maar die probleem is die vervoer van die voer na daai plase.

As jy enige donasies het of selfs meer inligting soek, besoek Burre Burger se Facebook-blad hier of besoek vir www.droogtehulp.co.za en maak jou hart oop.

Lees ook: Seun (15) by swembad deur slang gebyt, paar dae in ICU

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *