Seun (15) by swembad deur slang gebyt, paar dae in ICU

Deel hierdie storie / Share this story

PIETERMARITZBURG. – Paramedici het die naweek ‘n oproep ontvang na ‘n 15-jarige seun by ‘n swembad deur ‘n slang gebyt is.

ArriveAlive berig die seun het ‘n slangbyt aan sy linkerknie opgedoen. Volgens die pasiënt en sy pa vermoed hulle dit was ‘n pofadder wat die seun gebyt het. Verdere ondersoek het daarop gedui dat dit wel ‘n pofadderbyt was.

Seun wat deur slang gebyt is in ICU

Die pasiënt is eers op die toneel gestabiliseer. Hy is daarna na die Pietermaritzburg-hospitaal vir verdere gespesialiseerde behandeling vervoer. Die pasiënt het onmiddellik agt ampules teengif ontvang en was vir ‘n paar dae in die ICU gehou.

LEES OOK: KYK: Pastoor tydens regstreekse kerkuitsending ‘ontvoer’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.