NOORD-WES. – Annah Flora Mlabe (17) het op Dinsdag 30 Maart 2021 in die Hebron-area naby Ga-Rankuwa vermis geraak. Sy sou glo haar kêrel gaan besoek het.
LEES OOK: Minderjarige ’n verdagte in Kimberley-man se moord
By kêrel gaan kuier
Konst. Caroline Mathemane, polisiewoordvoerder, sê Annah is laas omstreeks 12:45 deur haar broer by hulle familiehuis gesien toe sy op pad was om vir haar kêrel te gaan kuier.
Toe Annah teen Woensdag 31 Maart 2021 nog nie teruggekeer het huis toe nie, het die gesin haar by die kêrel se huis gaan soek, maar sy is nie gevind nie. Na bewering het sy vir haar kêrel gesê sy gaan vir haar ander broer in Mpumalanga kuier.
Nie by broer nie
Daar is met die broer gekontak gemaak, maar hy het aangedui dat Annah hom nooit besoek het nie.
Enigeiemand met inligting oor waar Annah haar bevind, kan die polisie by 060 967 2298 kontak.



