April 20, 2021

Liggaam van vermiste meisie in rivier gevind

Op Donderdag 11 Maart 2021 omstreeks 23:00 is Masukela op die N8-pad deur gemeenskapslede betrap, na ’n nabygeleë veld gesleep en na bewering aangerand.

Liggaam van vermiste meisie in rivier gevind

Liggaam van vermiste meisie in rivier gevind

VRYSTAAT. – Op Vrydag 2 April 2021 omstreeks 14:20 het die polisie ‘n wenk ontvang oor die liggaam van ’n kind wat in die Klein Modderrivier, Botshabelo, gesien dryf is.

Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat dit die liggaam is van die 9-jarige Tariro Jonas wat na bewering op 7 Maart 2021 deur haar ma se kêrel (26) ontvoer is.

Kêrel verdwyn met meisie

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die ma se kêrel, Kgotso Masukela, het die ma na bewering op dieselfde dag aangerand en toe die ma na die polisie toe is om die voorval aan te meld, het die kêrel met haar dogter verdwyn.

LEES OOK: Het jy geweet Koeler weer kan jou bui beïnvloed?

Gemeenskap rand hom aan

Op Donderdag 11 Maart 2021 omstreeks 23:00 is Masukela op die N8-pad deur gemeenskapslede betrap, na ’n nabygeleë veld gesleep en na bewering aangerand. Die polisie is omstreeks 04:00 in die vroeë oggendure ontbied en het hom ernstig beseer gevind.

Hy het aan die polisie gesê dat hy die liggaam van die meisie in die rivier gestort het en daarna het hy in die hospitaal gesterf.

LEES OOK: Jy en jou bra

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: