April 20, 2021

Minderjarige ’n verdagte in Kimberley-man se moord

Die ondersoek duur voort.

Vermeulen-dood glo J=jagongeluk

Vermeulen-dood glo jagongeluk Foto: Facebook

CAMPBELL. – Die liggaam van Leon Keith Vermeulen (40) is Sondag 28 Maart 2021 in ’n veld by Schmidtsdrift gevind. Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Vermeulen was van Kimberley en het in Carters Glen gewoon.

LEES OOK: Liggaam van vermiste meisie in rivier gevind

Liggaam in veld opgespoor

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het Vermeulen se liggaam opgespoor toe hy na sy skape omgesien het. Die oorledene het glo ’n skietwond aan sy kop gehad.

Minderjarige in hegtenis

“Die polisie het inligting opgevolg en Dinsdag 30 Maart 2021 ’n 16-jarige seun van Douglas in hegtenis geneem. Hy het Donderdag 1 April 2021 in die landdroshof op Douglas verskyn en het borgtog van R500 ontvang .”

Die saak is tot 18 Mei 2021 uitgestel.

Enigiemand met inligting kan sers. Algene Power by 082 4485972 skakel.

Die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Lekker soetkoffie-resep

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: