Soet, heerlik en maklik. Almal sal mal wees oor hierdie pekanneut-karamelkaaskoek. Dit sal jou nuwe gunsteling wees.
Bestanddele:
Kors:
- 3 koppies Tennisbeskuitjies, fyngedruk
- ½ koppie gesmelte botter
- ½ koppie suiker
Vulsel:
- 85 tot 230 g roomkaas, sag gemaak
- 2 groot eiers
- ¾ koppie suiker
- 1 teelepel vanieljegeursel
- ½ koppie meel
- ¾ teelepel kaneel
- ¼ teelepel neutmuskaat
Bolaag:
- 1 ½ koppies geroosterde pekanneuthelftes
- 2 koppies karamelsous
Metode:
Kors:
- Voorverhit die oond tot op 170°C.
- Meng al die bestanddele vir die kors in ’n groot bak tot klam.
- Druk die gemengde kors op die bodem van ’n oondvaste bak vas.
Vulsel:
- Meng die roomkaas en suiker in ‘n mengbak tot glad.
- Klits die eiers en vanieljegeursel by.
- Roer meel, kaneel en neutmuskaat by.
- Giet vulsel in voorbereide kors en maak die bokant glad.
- Bak vir 40-45 minute totdat kaaskoek gestol is.
- Haal dit uit die oond en laat dit heeltemal afkoel tot kamertemperatuur.
Bolaag:
- Rangskik pekanneuthelftes bo-oor die hele kaaskoek.
- Bedek met kleefplastiek en sit in die yskas tot dit bedien word.
- Drup die karamel oor die hele koek net voordat jy dit bedien.



