April 21, 2021

Kind (6) verdrink in strandmeer

“‘n Seun (6) het op die strandmeer gedryf en het nie reageer nie.”

Kind (6) verdrink in strandmeer

Kind (6) verdrink in strandmeer Foto: Verskaf Netcare 911

KWAZULU-NATAL. – Maandagmiddag om 15:06 is Netcare 911 ontbied nadat ‘n kind in die La Mercy-strandmeer in La Mercy, Noord van Durban, verdrink het.

”’n Seun (6) het op die strandmeer gedryf en het nie reageer nie,” sê Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder.

Daar was verskeie noodddienste op die toneel. ‘n Netcare 911-noodsorgpraktisyn het ‘n gevorderde lewensreddingsproses begin, maar na alle pogings van alle betrokkenes is die kind op die toneel oorlede.

LEES OOK: Motorbestuurder doodgeskiet na verdagtes glo spykers in pad sit

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: