April 18, 2021

Russiese ‘Raponsie’ spog met 1,72 m lang hare

Gubanova het vroeër gesê sy sal nie ophou om haar hare te groei voor dit nie aan haar tone raak nie, berig Popsugar.

Russiese "Raponsie" spog met 1,72 m lang hare (Foto's: Instagram)

Russiese "Raponsie" spog met 1,72 m lang hare (Foto's: Instagram)

RUSLAND. – Dashik Gubanova (34) se hare, wat sy al vir byna 18 jaar laat groei, is nou al 1,72 m lank.

Gubanova het byna 18 jaar gelede ‘n ooreenkoms met een van haar vriendinne aangegaan wat gesê het dat sy nié haar hare lank genoeg vir vlegsels sal kan laat groei nie. Gubanova het voor dié ooreenkoms gereeld haar hare geknip en gekleur.

Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood

Gubanova het vroeër gesê sy sal nie ophou om haar hare te laat groei voor dit nie aan haar tone raak nie, berig Popsugar.

Haar besluit om haar hare te laat groei het haar 184 000 Instagram-volgelinge in die sak gebring en sy plaas gereeld foto’s van haar goue lokke.

Lees ook: Vrou skenk geboorte aan tweeling, drie weke uit mekaar verwek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: