April 21, 2021

Vrou gee geboorte aan tweeling, drie weke uit mekaar verwek

“Daar is so ‘n spesiale band tussen hulle. Dis nie net dat hulle saam met mekaar lê nie, hulle hou hande vas. Hulle vat ook aan mekaar se gesiggies. Rosalie was bedoel om ook hier te wees.”

Vrou gee geboorte aan tweeling, drie weke uit mekaar verwek

Vrou gee geboorte aan tweeling, drie weke uit mekaar verwek

ENGELAND. – Rebecca Roberts en haar “super tweeling” is een van die wêreld se uniekste gevalle. Die ma was 12 weke swanger en by haar derde sonar toe haar dokter stil geraak het.

“Ek het gedink iets aakligs het gebeur,” vertel Roberts aan TODAY Parents.

Dit was eerder iets ongeloofliks. Roberts het swanger geraak terwyl sy reeds swanger was. Dié Amerikaanse kinderklere-ontwerper en haar man, Rhys Weaver, sou later ontdek hulle babas is drie weke uit mekaar verwek.

Lees ook: Kby-hospitaal: Dokter ‘wurg’ pasiënt se seun

Super fetasie

Die rare verskynsel word ‘n super fetasie genoem en daar is slegs ‘n handjievol in die wêreld aangemeld.

“Superfetasie is wanneer ‘n tweede swangerskap vestig terwyl ‘n vrou reeds ‘n paar dae of weke swanger is,” vertel dr. Lisa Thiel aan TODAY. “Dis so raar, want ‘n vrou se liggaam stel hormone vry om verdere ovulasie te voorkom. Die serviks raak ook dik om te keer dat sperm gedurende dié tyd die uterus kan binnegaan.”

Twee hartkloppies

Roberts vertel hoe geskok sy was toe sy twee hartkloppies gesien het en sê sy het gewonder hoe hulle die tweede hartklop met die eerste sonar gemis het.

Sy het op 33 weke aan die “super tweeling” geboorte gegee. Sy moes ‘n induksie kry omdat Rosalie, die verrassingsbaba, ophou groei het.

Noah het 2,098 kg geweeg en Rosalie 1,1 kg. Noah moes na die neonatale intensiewesorgeenheid gaan, terwyl Rosalie na ‘n spesiale hospitaal moes gaan waar sy 95 dae deurgebring het.

“Dit het my hart gebreek dat hulle van mekaar weggevat moes word.”

Lees ook: Vrou skenk geboorte in Eurasia-tonnel

Ses maande oud

Die “super tweeling” is vandag gesonde babas van ses maande oud.

“Daar is so ‘n spesiale band tussen hulle. Dis nie net dat hulle saam met mekaar lê nie, hulle hou hande vas. Hulle vat ook aan mekaar se gesiggies. Rosalie was bedoel om ook hier te wees.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: