April 20, 2021

Simoné le Roux se liggaam opgehang gevind

Simoné le Roux se gedenkdiens (Foto's: Verskaf)

Simoné le Roux se gedenkdiens (Foto's: Verskaf)

KIMBERLEY. – Simoné le Roux (16), wie vir byna ‘n week vermis was, se liggaam is vandag in ‘n pakhuis in hulle erf in Beaconsfield in Kimberley gevind.

Louise Nienaber, Simoné se ouma, sê hulle het vandag op haar lyk afgekom. Simoné het by haar ouma gebly.

Simoné was ‘n leerling aan Hoërskool Adamantia in Kimberley.

“Die huiseienaar by wie ons huur, Jean, het gesê hy ruik iets vreemd in die pakhuis,” sê Nienaber. “Ons het gedink dis dalk ‘n kat of iets wat daar doodgegaan het. Toe kom ons op haar af. Sy het haarself gehang.”

Nienaber sê Simoné se lyk is reeds ontbind en daarom vermoed hulle dat sy haarself Maandag, die dag wat sy vermis geraak het, opgehang het.

“Niemand gaan regtig in by daai plek nie. Dis maar meestal gereedskap en goed wat daar gebêre word.

“Sy het haar selfoon, die pakhuis en die agterhek se sleutels by haar gehad. Sy het nie vir ons ‘n brief gelos nie, niks,” sê Nienaber.

Simoné se liggaam is tans by die polisiestasie se lykshuis vir ‘n nadoodse ondersoek.

Simoné het Maandagoggend om 08:00 vermis geraak na sy in ‘n bakleiery met haar familie betrokke geraak het. Volgens Jaun van Eeden, by wie Simoné se ouma die huis huur, was Simoné se laaste woorde aan haar familie: “As my ouma nie loop nie, loop ek.” Sy het kort daarna vermis geraak.

Klik hier om meer te lees.

As jy met depressie sukkel, moenie bang wees om vir hulp te vra nie. Skakel 0800-12-13-14 as jy voel jy het hulp nodig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: