April 19, 2021

Dele van Namibië word op Paassondag geskud

“Daar was geen aanvanklike berigte van skade of beserings as gevolg van die aardbewing nie.”

Dele van Namibië word op Paassondag geskud

Dele van Namibië word op Paassondag geskud Foto: The Namibian

NAMIBIE. – Dele van Namibië het vanoggend (Sondagoggend) ‘n aardbewing wat 5.4 op die Richter-skaal gemeet het, gevoel.

The Namibian op Facebook berig die aardbewing het 76 km noordwes van Khorixas plaasgevind.

“Matige tot sterk skuddings is naby die episentrum gevoel, terwyl ligte skuddings in die noordweste van Namibië gevoel is, insluitend op Kunene en dele van Omusati, Oshana, Oshikoto en Zambezi. Daar was geen aanvanklike berigte van skade of beserings as gevolg van die aardbewing nie.”

LEES OOK: Motorbestuurder doodgeskiet na verdagtes glo spykers in pad sit

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: